Plaaswerker
Ligpos (Pty) Ltd
Carolina, Mpumalanga
Permanent
Apply
Posted 15 September 2025

Job Details

Job Description

OPROEP AAN ERVARE PLAASWERKERS: VESTIG JOU TOEKOMS OP 'N PLAAS IN CAROLINA

Ligpos Arbeidsagentskap nooi aansoeke vir 'n permanente en stabiele posisie as 'n Plaaswerker vir 'n plaas in die Carolina-omgewing. Die boer is op soek na 'n gemotiveerde, volwasse persoon wat 'n langtermyn verbintenis wil aangaan.
Wie ons soek:
  • Iemand verkieselik tussen 25 en 35 jaar oud met kode 14-lisensie (voorkeur).

  • Geen rook of alkoholmisbruik nie. Ons soek 'n persoon met sober gewoontes wat betroubaar is, ook na-ure as daar krisis is op die plaas.

  • 'n Persoon met 'n gevestigde gesinslewe. 'n Getroude individu met kinders sal voorkeur geniet, aangesien stabiliteit en verantwoordelikheid hoog op prys gestel word.  Iemand wat dan op die plaas wil wees en nie agter meisies aanloop of in die kroeg saam met pelle gaan boer nie.

Jou rol sal insluit:
  • Landboukundige take: Bestuur van trekkers, vragmotors en planters tydens planttyd. Ondervinding met mielie- en sojaboonverbouing is 'n voordeel.
  • Veekundige take: Goeie kennis van beesboerdery, insluitend die weeg, tel, spuit, herkenning van siektes en algemene hantering van beeste. Jy moet proaktief wees en foute soos af drade self kan raaksien en regmaak.
  • Leierskap en onafhanklikheid: Jy moet opdragte kan uitvoer, maar ook leiding kan neem wanneer die boer vir 2-3 weke in die jaar afwesig is. Die vermoë om self in te klim en te werk sonder om rond te staan is noodsaaklik.  Dit is 'n plaaswerk pos - nie plaas opsigter nie.
  • Tegniese vaardighede: 'n Sterk meganiese en tegniese agtergrond is noodsaaklik.

Vergoeding en Voordele:

  • Basiese salaris: Ongeveer R15 900 per maand.

  • Behuising word voorsien as deel van die pakket op die plaas, slegs 4 km vanaf Carolina.

As jy glo jy het die nodige ondervinding en karakter om hierdie rol met toewyding te vervul, doen gerus aansoek vir die pos. 

LW: Geen aansoeke word per e-pos of WhatsApp ontvang nie.