Assistent Onderhoud Operateur van Groenteplaas
Ligpos (Pty) Ltd
Rayton, Gauteng
Permanent
Apply
Posted 01 September 2025 - Closing Date 15 September 2025

Job Details

Job Description

Assistent Onderhoud Operateur van Groenteplaas

 

Ligging: Pretoria / Rayton

Ons is op soek na 'n gemotiveerde Assistent Onderhoud Operateur om 'n dinamiese span te versterk. Hierdie pos is ideaal vir iemand wat graag met hul hande werk en nuwe vaardighede wil aanleer in 'n ondersteunende omgewing. Jy sal direk aan die Onderhoudbestuurder rapporteer en 'n sleutelrol speel in die daaglikse bedrywighede van ons boerdery.

Verantwoordelikhede sluit in:

  • Daaglikse voorkomende onderhoud op toerusting

  • Meganiese herstelwerk, basiese elektriese werk, pyp- en pompeherstel

  • Die bou van spesifieke toebehore soos deur die boerdery benodig

Vereistes:

  • Matriek

  • Vlot in Afrikaans en Engels

  • Kode 8 of 10 lisensie

  • Meganies aangelê en vaardig met hande

  • Georganiseerd en netjies

  • Basiese kennis van Excel en ander Office-sagteware

Voorkeure:

  • Sober gewoontes, lojaal en eerlik

  • 'n Liefde vir die boerdery-omgewing

  • Kode 10 lisensie of groter

  • Ervaring met trekkers en/of trokke

  • Basiese elektriese vaardighede vir foutsporing (bv. werk met 'n multimeter)

Vergoeding: Kompeterende pakket aan wat gebaseer is op totale koste van indiensneming. Verblyf op die plaas is opsioneel en kan onderhandel word.

Aansoeke sluit 15 September 2025.

LW. Moet asb nie per e-pos of Whatsapp aansoek doen nie.  Indien u nie op enige ander plek waar hierdie advertensie verskyn regkom met registrasie nie, kan u op ons webwerf registreer: www.ligpos.net