Job Details
Job Description
POSBESKRYWING: SKRYNWERKER
Area: Belfast, Oos-Transvaal
Oor die Pos:
Ons is op soek na 'n ervare Skrynwerker wat verantwoordelik sal wees vir die vervaardiging van hoë gehalte meubels en ingeboude kaste. Die pos vereis ook installasie op perseel waar nodig en algemene instandhouding van masjiene.
Hoof Take en Verantwoordelikhede:
- Lei projekspanne en werk onder druk.
- Handhaaf goeie menseverhoudings.
- Oplossingsgerigte denkvaardighede toepas.
- Bestuur die instandhouding van masjiene (bv. lemme ruil).
Kritiese Vereistes:
- Ondervinding en kennis van houtwerk spesifiek meubelvervaardiging.
- Werk van soliede hout - bv ingeboude kaste & kombuise
- Melamien ondervinding
- Vermoë om masjiene in stand te hou en op verskeie houtwerk masjiene kan werk.
- Geldige bestuurslisensie.
- Bereidwilligheid om op installasie persele te bly waar nodig.
- Moet kan planne lees.
- Moet onafhanklik kan werk.
Voordelige Vereistes:
- Ondervinding in ontwerp en rekenaar tekenprogramme.
- Kennis van CNC masjiene.
- Ervaring met staalwerk en elektriese stelsels is 'n pluspunt.
Basiese Eienskappe:
- Fisies gesond en gereed om aktiewe werk te doen (dis nie 'n toesighouer pos nie).
- Netjies en professioneel in voorkoms.
- Sober gewoontes en standvastigheid. (Geen rook tydens werksure toegelaat)
Verskillende Werksplekke:
Die pos vereis werk op verskeie persele.
Vergoedingstype:
Markverwant en afhanklik van ondervinding en kwalifikasies.
Maandelikse besoldiging.
Verblyf is beskikbaar.
Vervoer vir werk.
Bevorderingsmoontlikhede:
Ja, daar is moontlikhede vir bevordering in die pos.
Indien jy die nodige vaardighede het en jou belangstelling in hierdie pos wil toon, doen nou aansoek vir die pos.
Sluit by die span aan en help ons om uitsonderlike houtwerk te skep!